DA sê Menseregtekommissie moet Gauteng waterkrisis ondersoek
Die DA in Gauteng sê hy het ‘n skriftelike versoek aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gerig vir ‘n dringende ondersoek na die waterkrisis in die provinsie. Inwoners sukkel steeds met watertoevoerprobleme wat verskeie gebiede raak, insluitend Linden en Blairgowrie in Randburg. Solly Msimang van die DA sê die ekonomiese spilpunt van die land waarvan die waterstelsel besig is om in duie te stort is onaanvaarbaar en die ANC provinsiale regering moet die skuld kry: