DA sê Loterykommissie moet sy korrupsiesake afhandel
Die DA moedig die Nasionale Loterykommissie aan om sy korrupsiesake af te handel sodat die herwinning daarvan kan begin. Die woordvoerder van die party oor handel, Toby Chance, sê ondersoeke deur die Valke, die Spesiale Ondersoekeenheid en die Nasionale Vervolgingsgesag het afgekom op 15 miljard Suid-Afrikaanse rand se bedrieglike toelaes. Hy sê hoewel vordering gemaak is, is nog optrede nodig om diegene wat verantwoordelik is te vervolg om bedrog in die toekoms te voorkom: