DA sê Lady R-verslag moet openbaar word

Die DA het hom daartoe verbind om President Cyril Ramaphosa se plan, om die verslag oor die beweerde wapensmokkelary aan Rusland vir die publiek te verberg, te keer. ‘n Paneel is aangestel om die omstandighede te ondersoek rondom die vasmeer van die Lady R in Simonstad in Desember verlede jaar,  en vas te stel of enige wapens en ammunisie op of van die vragskip gelaai is. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê volgens mediaberigte is Ramaphosa van voorneme om die paneel se verslag as geklassifiseerde inligting te verklaar: