DA sê kritiek oor Oekraïnse besoek is ongevraagd

Die DA-leierskap se besoek aan Kiëf en Lviv in die Oekraïne het vrae laat ontstaan en baie Suid-Afrikaners glo die geld kon aangewend word om bestaande uitdagings in die land die hoof te bied. DA-leier John Steenhuisen sê die teregwysing is ongevraagd en onbillik. Steenhuisen is op ‘n feitesending in die Oos-Europese land en glo dit sal ‘n duidelike beeld kan skep oor hoe Suid-Afrika die gevolge van die oorlog op voedsel- en brandstofpryse moet aanspreek.