DA sê hy sal Statistieke Suid-Afrika ondervra na dataflaters in sensus
Die DA veroordeel die 2022 Sensus as ‘n nasionale skandaal en vra die inligting moet hersien word, nadat Statistieke Suid-Afrika erken het daar was ernstige dataflaters. Die nasionale woordvoerder Willie Aucamp kritiseer die sensus van 2,3 miljard Suid-Afrikaanse rand, en noem die onakkurate data ‘n bedreiging vir sosio-ekonomiese beplanning. Hy sê die DA sal môre op ‘n portefeuljekomiteevergadering Statistiek SA ondervra in die soeke na ‘n deeglike hersiening: