DA sê Gupta-aangeleentheid is nasionale verleentheid

Die DA sê die verbroude Gupta-uitlewering is ‘n nasionale verleentheid en wys die voormalige president Jacob Zuma se tentakels is nog baie aktief in die huidige kabinet en regering. Glynnis Breytenbach van die DA sê, ten spyte van talle navrae aan beide die Departement van Justisie en die Nasionale Vervolgingsgesag oor die Gupta-uitleweringsproses, blyk dit nou die uitleweringsverhoor in die Verenigde Arabiese Emirate was reeds in Februarie, en was onsuksesvol. Breytenbach sê die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, het na wat berig word met skok en ontsteltenis op die nuus reageer: