DA se Gouws staar klagtes van haatspraak in die gesig

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gaan ‘n DA-parlementslid, Renaldo Gouws, voor die Gelykheidshof in Gqeberha daag vir beweerde haatspraak in ‘n YouTube-video van 2010. In die video vra Gouws in uiters aanstootlike taal vir die uitwissing van swartmense. ‘n Woordvoerder van die kommissie, Wisani Baloyi, sê hulle het die saak ondersoek volgens die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie.