DA se Gautengse adjunk-speaker gaan bedank

Die DA se leier in Gauteng, Solly Msimanga, het bevestig die party se adjunk-speaker in die provinsiale wetgewer, Refiloe Ntsekhe, gaan bedank. Dit volg op die DA se besluit om nie aan te sluit by die provinsiale regering van eenheid nie nadat samesprekings ineengestort het. Premier Panyaza Lesufi het ‘n nuwe uitvoerende raad aangekondig sonder enige DA-lede. Msimanga sê hulle sal nou die amptelike opposisie in die wetgewer wees.