DA sê Gauteng-inwoners word gedwing om swak paaie te gebruik

Die DA in Gauteng sê inwoners word gedwing om paaie te gebruik wat in ‘n baie swak toestand is. Daar is slaggate om elke draai, paaie wat dringend herseël moet word en stroke langs paaie wat nie behoorlik onderhou word nie. Evert du Plessis van die DA sê dit is omdat daar tans 85 befondsde vakatures in die departement is wat nog nie gevul is nie.