DA sê direksie by Gesondheidsberoepe-raad moet waai
Die DA eis die ontbinding van die direksie van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika oor sy onwettige toepassing van bepalings. Daar word beweer dat die raad onwettige bepalings afgedwing het wat deur die Mededingingskommissie bevraagteken is, en boetes van tot 60 000 Suid-Afrikaanse rand opgelê het teen mediese beroepslui wat dié reëls na bewering oortree het. Michele Clarke van die DA sê die raad word geteister deur wanbestuur en wanadministrasie: