DA sê daar moet opvoeding wees oor veilige kos

Die DA in Gauteng vra die provinsiale regering en die Departemente van Gesondheid en Onderwys om openbare bewustheidsveldtogte oor voedselvergiftiging in te stel om leerders, ouers en onderwysers in te lig oor die belangrikheid van die koop van kos wat geskik is vir verbruik. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê die party sal albei departemente aanspreeklik hou vir hulle rol in die beskerming van kinders se gesondheid: