DA sê BTW-verhoging vir begrotingsgapings is verkeerd

Die DA is gekant teen enige potensiële BTW-verhoging in die buurland. Dié standpunt volg op bespiegelings dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, dit oorweeg om BTW te verhoog om inkomstetekorte weens laer as verwagte ekonomiese groei aan te vul. ‘n DA-lid, Dion George, sê staatsdepartemente is besig om hul begrotings vinnig uit te put, wat die langverwagte oorskot in gevaar stel.