DA se Brink was arrogant tydens Tshwane-staking
Die Transformation Alliance in buurland sê hulle is ontsteld oor die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, se arrogansie te midde van Samwu se drie-weke salarisstaking wat dienslewering in gedrang bring. Die organisasie beskuldig hom van ‘n gebrek aan leierskapsvaardighede terwyl inwoners moet worstel met rommel wat nie opgelaai word nie, kragonderbrekings en vuil water. Die partyleier, Abel Tau, gee die DA die skuld vir die munisipaliteit se finansiële kwessies. Tau het ook die provinsiale regering aangemoedig om in te gryp aangesien die stad se krisis basiese dienste raak: