DA sê Bela-wet se openbare deelname is ‘n grap

Die DA in Mpumalanga sê ondanks herhaaldelike waarskuwings dat die ANC die proses van openbare deelname oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette – die sogenaamde Bela-wet – probeer kaap, is dit presies wat die naweek gebeur het. Die laaste openbare sitting oor die wet is Sondag uitgestel weens ‘n kommunikasieprobleem oor die plek waar dit sou plaasvind. Baxolole Nofada van die DA, sê, slegs ‘n handjievol gemeenskapslede het Vrydag by die openbare sitting in Bosbokrand opgedaag, terwyl die meeste van hulle ANC-lede was wat van ander gemeenskappe daarheen aangery is: