DA se Annelie Lotriet as adjunk-speaker verkies

Annelie Lotriet van die DA is as die adjunk-speaker van die Nasionale Vergadering verkies. Lotriet het 273 stemme gekry en die ATM-leier, Vuyo Zungula, 54. ‘n DA-parlementslid, Siviwe Gwarube het Lotriet benoem en die EFF se adjunk-president Floyd Shivambu het Zungula voorgestel. Lotriet het in 2009 by die Nasonale Vergadering aangesluit. Sy het beloof om met die nuutverkose speaker Thoko Didiza saam te werk.