DA sê ANC sal nie Putin arresteer

Die DA vra die Internasionale Strafhof om alles moontlik te doen om ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van die Russiese president, Vladimir Putin, uit te voer. Hy word van oorlogsmisdade beskuldig. Die party sê die ANC-regering het hoegenaamd geen voorneme om ingevolge die lasbrief op te tree nie, soos duidelik blyk uit die ongegronde kritiek op die hof deur die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor. Darren Bergman van die DA waarsku die regering se standpunt kan Suid-Afrika se verhouding met groot handelsvennote benadeel.