DA sê 8 SANDF-lede wat deur VN in DRK geskors is, moet ondersoek word
Die DA vra ‘n omvattende ondersoek na die beweerde wangedrag van agt vredesmaglede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Hulle word beskuldig van seksuele misbruik en is in hegtenis geneem en geskors na ʼn ondersoek deur die Verenigde Nasies. Die party eis aanspreeklikheid vir die verval in dissipline en die bevelsbeheer. ʼn Woordvoerder van die DA, Kobus Marais, sê die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, moet aanspreeklikheid aanvaar vir die beweerde bandeloosheid binne die weermag: