DA sê 25 korrupsiesake is in vyf jaar in Charlotte Maxeke-hospitaal ondersoek

Die DA in Gauteng sê 25 tugsake oor korrupsie het in die afgelope vyf jaar by die Charlotte Maxeke Johannesburgse Hospitaal voorgekom. Ses het te doen gehad met ongerymdhede met die verkrygingsproses. Die LUR vir Gesondheid, Nomthemba Mokgethi, het die inligting bekend gemaak in ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag van die DA in die wetgewer. Jack Bloom van die DA sê die sake sluit twee van vervalste mediese sertifikate in. Hy sê in een geval is die werknemer afgedank, terwyl die ander een voor die tugverhoor bedank het.