DA sê 1,3 miljard kiloliter water word jaarliks in SA vermors
Die DA in die Wes-Kaap spreek sy diep kommer uit oor die verbysterende waterverliese wat veroorsaak word deur infrastruktuur onderbrekings, reservoirs wat oorloop en lekkasies in verspreidingstelsels, wat ‘n nasionale jaarlikse vermorsing van 1,3 miljard kiloliter tot gevolg het. Dit is gelyk aan ‘n daaglikse verlies van 3,6 miljoen kiloliter. Isaac Sileku van die Kaapse departement van water en sanitasie sê ‘n opknappingsplan is reeds van stapel gestuur.