DA sal regshulp inwin teen gesondheidsversekering
Die DA sê hy het regsadvies ingewin en is gereed om die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering teen te staan, sodra president Cyril Ramaphosa dit onderteken. Die party kritiseer die Nasionale Tesourie se plan om die versekering te befonds met verhoogde belasting, en noem dit ongrondwetlik en regressief. Die party reken die wetsontwerp sal nie die staatsgesondheidstelsel verbeter nie en sal ‘n las wees op laer-inkomste-huishoudings. Dion George van die DA stel ‘n alternatiewe model voor wat fokus op bestuurhervorming en openbare privaat vennootskappe: