DA sal alles doen om Bela-wetsontwerp te beveg
Die DA is besig om sy eie regstryd teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette voor te berei, en sê hy sal tot in die Konstitusionele Hof veg. Die wetsontwerp is gister deur die Nasionale Vergadering aanvaar. Die Bela-wetsontwerp poog om die Wet op Suid-Afrikaanse Skole en die Indiensneming van Opvoeders te wysig. Die wetgewing sal graad R verpligtend maak en ook die taalbeleid by skole reguleer. Baxolile Nodada van die DA sê hulle sal nie ’n wetsontwerp ondersteun wat skole, ouers en gemeenskappe ontmagtig nie: