DA ontvang ANC se rekords oor kaderontplooiing

Die DA het bevestig dat hy die ANC se kaderontplooiingsrekords ontvang het. Die rekords strek terug tot die eerste Januarie 2013, toe president Cyril Ramaphosa voorsitter van die komitee geword het. Die Konstitusionele Hof het verlede week die ANC se aansoek van die hand gewys, waarvolgens die party wou appelleer teen ‘n bevel deur ‘n laer hof om die rekords te oorhandig. Leon Schreiber van die DA sê dit is ‘n belangrike oorwinning in die party se stryd teen kaderontplooiingskorrupsie in Suid-Afrika: