DA ondersteun skikking om Afrika-pikkewyne te beskerm

Die DA verwelkom die besluit deur die minister van die Omgewing, Bosbou en Visserye, Dion George, om ‘n skikking buite die hof te beding op visvangbeperkings naby kolonies Afrika-pikkewyne. Met minder as tien-duisend broeipare nog oor, is hierdie besluit volgens die party daarop gemik om te verseker pikkewyne het vir hulle oorlewing voldoende kos naby hulle broeigebiede. Die besluit wil ook voorkom die Afrika-pikkewyn sterf moontlik uit teen 2035.