DA: Lesufi se projek ‘n kaderontplooiing-skema

Die DA in Gauteng sê dit word baie duidelik dat premier Panyaza Lesufi se Nasi iSpani-werkinisiatief niks meer as ‘n kaderontplooiing-skema is nie. Die provinsiale regering het sowat 8 000 nuwe werkgeleenthede vir die jeug adverteer en nog6 000 sal volgende maand adverteer word. Die DA-lid, Solly Msimanga, sê een van die mees kommerwekkende aspekte van die skema, is die bewys dat duisende gekwalifiseerde aansoekers se CV’s uitgegooi is terwyl ander selfs verhinder is om aansoek te doen.