DA: Lesufi se misdaadstrategie ‘n verkiesingsfoefie

Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi het inderhaas miljarde Suid-Afrikaanse rande aan ‘n misdaadstrategie bewillig wat hy nie behoorlik beplan het nie en nou lyk dit na ʼn verkiesingsfoefie eerder as ʼn daadwerklike plan om misdaad te bekamp. Gautengse gemeenskappe bevraagteken of die veiligheidsbewaarders na behore opgelei is om misdaad vas te vat. ʼn Woordvoerder van die DA, Crezane Bosch, sê Lesufi verdedig sy inisiatief deur na veiligheidsbewaarders te verwys wat ingevolge die Strafproseswet as vredesbeamptes opgelei is.