DA-leier bring hulde aan wyle Ginwala

Die DA-leier, John Steenhuisen sê politici kan net leer uit die optrede van wyle Frene Ginwala, wat vir vryheid, bevryding en demokrasie in Suid-Afrika gestaan het. Steenhuisen het buite die Johannesburgse stadsaal gepraat tydens die amptelike gedenkdiens van die ontslape staatmaker. Hy het gesê Ginwala word onthou as ‘n leier vir parlementêre demokrasie en as die eerste speaker van die Nasionale Vergadering. Volgens Steenhuisen het Ginwala ‘n belangrike rol gespeel om beslissend op te tree oor die parlementêre meganismes wat in plek behoort te wees.