DA-leier beweer Mabuza is betrokke by Eskom-korrupsie

Die leier van die DA, John Steenhuisen, het in die parlement beweer die voormalige adjunkpresident, David Mabuza, is betrokke by korrupsie in Eskom. Lede het sy versoek van die hand gewyse vir die daarstelling van ʼn ad hoc-komitee om korrupsie by die kragvoorsiener te ondersoek. Volgens Steenhuisen is Mabuza die persoon na wie die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, verwys het toe hy gesê het ʼn senior politikus is betrokke by verdagte kontrakte, moordbendes en allerhande misdade by Eskom. Mabuza het onlangs bedank en is deur Paul Mashatile opgevolg.