DA lê teen-korrupsiewetsontwerp ter tafel

Die DA sê hy het die Wetsontwerp op die Een-en-Twintigste Wysiging van die Grondwet, ook bekend as die teen-korrupsiewetsontwerp, in die parlement ter tafel gelê. Glynnis Breytenbach van die DA sê soos beloof in die party se 2024-verkiesingsmanifes, wil die wetsontwerp ‘n teen-korrupsiekommisie instel as ‘n onafhanklike Artikel 9-instelling, net gefokus op die ondersoek en vervolging van ernstige korrupsiesake. Sy sê op die oomblik is die Nasionale Vervolgingsgesag die enige instelling met die mag om diegene te vervolg wat aangekla word van ernstige korrupsie en hoëvlak georganiseerde misdaad.