DA: Kuberkrakery by verdediging

Die DA vra die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, om dringend te reageer op berigte van ‘n losprysware-aanval rakende militêre data. Die kuberkraker-groep Snatch het volgens berigte by die departement se stelsels ingebreek en 1,6 teragrepe data onttrek, waaronder militêre kontrakte. Die party eis antwoorde oor die tydsverloor, data wat in gedrang is, toegangsmetodes, losprys-eise en verdere gevolge. Kobus Marais van die DA vermoed die motief hou verband met die beskuldigings van regeringsteun vir internasionale onwettige wapenhandel.