DA-koalisie sal werkersklas skaad: Numsa

Die metaalwerkersvakbond Numsa is sterk gekant teen die gedagte aan ‘n koalisie tussen die ANC en die DA. Die vakbond kritiseer die DA se anti-werkersbeleid, wat die sny van werkerbeskerming en subsidies insluit. Die woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die regerende party moet met progressiewe partye saamwerk om werkloosheid, armoede en ongelykheid te pak. Hlubi-Majola dreig met massa-optrede sou ‘n ANC/DA-koalisie gevorm word.