DA kla Zulu by menseregte owerhede oor toelaes

Die DA dien vandag ‘n dringende klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in teen die minister van Maatskaplike Ontwikkeling Lindiwe Zulu. Hulle teiken ook die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid en Posbank vir die voortgesette wanbetaling van maatskaplike toelaes. Die party glo die mislukkings het gelei tot pynlike skendings van menseregte, wat sommige ma’s gedwing het om weens finansiële swaarkry hulle babas op te gee. ʼn Woordvoerder van die DA, Bridget Masango, sê miljoene kwesbare begunstigdes van maatskaplike toelae byt elke maand die spit af: