DA kap Stad Johannesburg oor gekaapte geboue

Die DA in Gauteng sê daar is tans 181 gekaapte geboue in die sentrale sakekern van Johannesburg. Baie van hierdie geboue lyk soos informele nedersettings en hou ‘n aansienlike risiko in vir die mense wat onwettig daar bly. Die DA-lid, Mervyn Cirota, sê dit is kommerwekkend dat die Stad Johannesburg versuim om inligting te verskaf oor wat hulle gedoen het aan die gekaapte geboue om verdere brande en lewensverlies te voorkom.