DA Jeug verwelkom Dlamini-Zuma se aftrede
Die DA Jeug het die jeug-minister, Nkosazana Dlamini-Zuma, se aankondiging verwelkom dat sy beoog om af te tree. Die woordvoerder, Lindokuhle Sixabayi, sê Dlamini-Zuma het – soos haar voorgangers – niks merkbaar gedoen sedert haar aanstelling aan die begin van 2023 om oplossings te bied vir kwessies waarmee jongmense stoei nie. Sixabayi glo dit spruit uit die ANC se onbevoegdheid en verwaarlosing.