DA is vies oor tot 98 leerders in ‘n klas

Suid-Afrika blyk om ook uitdagings te hê met leerder-onderwyser verhoudings by verskeie skole. Die DA sê die Gautengse Onderwysdepartement se swak beplanning het tot oorvol skole in Alexandra gelei. Die party sê daar is tot 98 leeders in ‘n klas. Khume Ramulifho van die DA sê die departement moet nuwe skole bou in gebiede waar groot aanvraag is en hulpbronne betyds aflewer. Hy sê dis kommerwekkend en onregverdig dat die departement verwag onderwysers moet goeie resultate behaal sonder dat die nodige ondersteuning gebied word: