DA is ook boos oor gesondheidsversekering

Die DA in Suid-Afrika sê die ANC-regering het die openbare en privaat gesondheidsektor opgeoffer om stemme te kry. Dit volg nadat die Nasionale Raad van Provinsies ten gunste van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering gestem het. Agt van die nege provinsie het daarvoor gestem en die Wes-Kaap daarteen. Michele Clarke van die DA sê die ANC-regering gebruik die irrasionele NGV-wetsontwerp in die hoop om kiesers te mislei om te glo hy is ʼn regering wat omgee: