DA in Wes-Kaap tevrede met afname in kontakmisdade

Die DA in die Wes-Kaap sê hy is tevrede met die gemiddelde afname van 6,4 persent in kontakmisdade in die provinsie. Die polisieminister Bheki Cele het vroeër vandag die Oktober tot Desember misdaadstatistieke bekend gemaak. Die verslag wys dat kontak-misdaad in Khayelitsha en Nyanga ’n afname van onderskeidelik 23,2 en 19 8-persent getoon het. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt is aan die woord.