DA in Gauteng vra vervoerminister vir verlenging van rybewyse

Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op die minister van vervoer, Fikile Mbalula, om een finale verlenging te verskaf vir die geldigheid van rybewyse wat verval het tydens Covid-19 sodat Gauteng kan inhaal met sy agterstand. ‘n DA-lid, Fred Nel sê teen die einde van verlede maand het hulle benewens huidige rybewyse wat sal verval, die agterstand bereken op sowat 423 000 rybewyse wat nog hernu moet word.