DA hou ANC-kaders by munisipaliteite fyn dop

Die DA sê hy gaan die lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee wat die party aangewys het om by 42 wan-funksionele munisipaliteite regoor die land te ontplooi, fyn dophou. ʼn Woordvoerder van die DA, Cilliers Brink, sê die staat behoort nie aan die ANC nie, en hul leiers moet die skeiding tussen party en staat respekteer. Hy voeg by hulle verwag die ontplooide NUK-lede by die sukkelende munisipaliteite sal inmeng by munisipale raadsbesluite, aanstellings in die administrasie en toekenning van tenders.