DA het kommer oor miljoene werkloses in Gauteng

Die DA in Gauteng sê, inwoners wat dringend werk nodig het, kan nie vir werksgeleenthede staatmaak op die provinsiale regering onder premier Panyaza Lesufi nie. Gauteng het tans 582 000 moedelose werksoekers, terwyl werkloosheid in die provinsie tans op meer as 2,6 miljoen staan. Die DA-lid, Dorianne Arendse, sê die voortslepende beurtkragkrisis het dit verder bemoeilik, omdat baie besighede dit nie kan bekostig om kragopwekkers en sonpanele aan te skaf om tydens kragonderbrekings te kan voortgaan nie: