DA gee vyf dae vir vrystel van kader-ontplooiingsrekords

Die DA het die ANC ‘n sperdatum van vyf dae gegee om die volledige rekords van sy nasionale kader-ontplooiingskomitee, wat terugdateer na 1 Januarie 2013, voor te lê. Hierdie rekords sluit die notules van vergaderings, WhatsApp-gesprekke, e-posse en CV’s in. Die hof het ‘n ANC-aansoek om verlof tot appèl teen ‘n vroeëre uitspraak van die hand gewys en die party beveel om die volledige rekords vry te stel. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die kader-ontplooiing het ‘n groot rol in staatskaping gespeel en is die hoofoorsaak van dienslewerings-mislukkings.