DA gee Cyril voorstelle vir G20-presidentskap
Die DA sê hy het ʼn lys sleutelvoorstelle aan president Cyril Ramaphosa gestuur oor Suid-Afrika se benadering om die G20-beraad aan te bied. Die land maak gereed om Sondag die G20 se presidentskap oor te neem. Dit is die eerste keer dat ʼn Afrika-ekonomie die G20 vir die jaar lange rotasie-termyn lei. Ryan Smith van die DA sê hulle doen onder andere ʼn beroep vir groter betrokkenheid en kennis uit die privaat sektor.