DA: Gautengse gesondheidsdepartement faal kinders

Die DA in Gauteng sê die departement van gesondheid se pogings om die sterftesyfer van kinders jonger as vyf jaar weens wanvoeding te verminder, het misluk. Volgens die departement se derde kwartaal-verslag vir die 2021/22-boekjaar is die teikens om die sterftesyfer by distrik-, streek- en sentrale hospitale te verminder, nie bereik nie. Alan Fuchs van die DA sê die realiteit is wanvoeding in vroeë kinderjare kan voorkom word as alle belanghebbendes in die samelewing, onder leiding van die regering, saamwerk.