DA: Gauteng sê pendelaars sukkel

Die DA in Gauteng sê pendelaars wat van openbare vervoer afhanklik is, word toegang geweier tot belangrike inligting oor bus- en treintye. Dit gebeur omdat die Gautengse vervoerbestuursentrum se telefoonlyne as gevolg van beurtkrag nie behoorlik werk nie. Evert du Plessis van die DA sê dit het ook daartoe gelei dat die sentrum nie sy teiken van 50 000 pendelaars met toegang tot sy dienste, kon haal nie.