DA gaan strafregtelike klagte teen Mashatile indien

Die DA-leier, John Steenhuisen, en die nasionale woordvoerder, Solly Malatsi, sê hulle gaan môre strafregtelike klagte teen adjunkpresident Paul Mashatile by die Kaapstadse polisiestasie indien. Dit volg op blootleggings oor bewerings van korrupsie en staatskaping wat strek oor byna twee dekades. Die DA het ‘n dossier by president Cyril Ramaphosa ingedien waarin optrede geëeis word, maar nog geen reaksie is ontvang nie. Steenhuisen beklemtoon die noodsaaklikheid van aanspreeklikheid en regstappe.