DA gaan ANC direk konfronteer oor kaderontplooiing

Die DA gaan die ANC direk konfronteer wanneer hulle dié week in die hof oor kaderontplooiing ontmoet. Die party wil hê die Hooggeregshof in Pretoria moet die praktyk ongrondwetlik en onwettig verklaar. Leon Schreiber van die DA sê die dringendheid van die saak is ‘n aanloop tot Woensdag se Nasionale Dag van Aksie teen die ANC se beurtkrag.