DA eis verdedigingsminister moet afgedank word
Die DA sê hy het met kommer verneem van die verklaring van die Amerikaanse ambassadeur, Reuben Brigety, dat Suid-Afrika na bewering wapens en ammunisie aan Rusland verskaf het. Die DA-parlementslid Kobus Marais sê die party veroordeel die onwettige optrede en eis volledige deursigtigheid en aanspreeklikheid van President Cyril Ramaphosa. Marais het ook gevra dat die minister van verdediging, Thandi Modise, afgedank moet word.