DA eis opheffing van maskermandaat in skole

Die DA doen ‘n beroep vir die opheffing van die masker-mandaat in skole. Dit volg nadat verskeie gesondheidskundiges herhaaldelik gesê het die risiko van die mandaat vir leerlinge weeg swaarder as enige moontlike voordele. Volgens Baxolile Nodada van die DA het die masker-mandaat in Suid-Afrika nie enige merkbare uitwerking gehad om die verspreiding van Covid-19 te stuit nie.