DA eis ondersoek na gedwonge Staatsveiligheid-aftredes
Die DA eis ʼn ondersoek na berigte dat die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, alle werknemers van die Staatsveiligheidsagentskap van ouer as 50 opdrag gegee het om vroeg af te tree of afgelê te word. Die party waarsku die beplande herskikking kan lei tot ʼn aansienlike verlies aan kundigheid. DA-woordvoerder Dianne Kohler Barnard vra ʼn meer deurdagte benadering tot hervorming met ʼn behoorlike evaluering van die rol van elke werknemer en beplan om die aangeleentheid in die Parlement op te haal.