DA eis minister van Verdediging Motshekga moet verduidelik oor SANW-krisis

Die DA betreur die versuim van die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, om ’n verslag voor te lê oor die stand van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Die verslag moes reeds op die 17de van verlede maand die Nasionale Raad van Provinsies bereik het. DA-woordvoerder, Nicholas Gotsell, sê die versuim van die minister om ʼn verslag voor te lê is ʼn duidelike bewys die weermag is in ʼn krisis.