DA eis hertelling van Mosambiek verkiesings

Die DA versoek die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om ‘n onafhanklike hertelling van Mosambiek se onlangse presidensiële verkiesing te eis. Hulle beweer die proses is deur wydverspreide ongerymdhede en politieke geweld gekenmerk, wat twyfel laat ontstaan oor die geldigheid van die amptelike oorwinning van Daniel Chapo van Frelimo. Emma Louise Powell van die DA sê berigte van stempeutery, intimidasie en die sluipmoord op belangrike opposisie-raadgewers het kommer oor die stand van die demokrasie in Mosambiek verhoog: